Rosestad Godsdiens

9 Aug Saterdag Oggenddiens - Ds Dirk Meijer

18 MIN
Download (8.4 MB)
SPREUKE 5 1My seun, slaan ag op die wysheid wat ek jou leer, luister na my goeie raad. 2Dan sal jy self ook met oorleg kan optree en met die nodige kennis praat. 3Die slegte vrou se lippe drup van die heuning, haar tong is gladder as olie, 4maar agterna is alles so bitter soos wildeals; sy is so gevaarlik soos die skerpste swaard. 5Haar pad is dié van die dood, elke stap saam met haar bring die ondergang nader. 6Sy hou jou weg van die pad van die lewe af, sy laat jou dwaal, en jy weet dit nie. 7Luister na my, my seun, bly by wat ek jou sê: 8Bly weg van haar af, moenie naby haar huis se deur kom nie 9dat jy nie jou mooiste jare verspil nie, jou beste jare aan 'n hartelose mens gee nie, 10dat vreemdes hulle nie vol eet aan die vrug van jou arbeid nie, dat dit waarvoor jy gewerk het, nie in die huis van 'n ander beland nie. 11Jy sal lê en kreun as jou einde nader, met die vleis aan jou liggaam weggevreet, 12en jy sal sê: “Ek het my opvoeding versmaai, ek het my nie gesteur aan die onderrig nie. 13As ek maar geluister het na my leermeesters en my ore oopgemaak het toe hulle my geleer het! 14Hier sit ek nou in die grootste ellende voor die oë van almal.” 15Jy het tog self 'n vrou, jy het tog self 'n put met water: drink die strome uit jou eie fontein.
AF  SOUTH AFRICA