Rosestad Godsdiens

23 Mar Sondagoggend Erediens - Ds Bergh Muller

23 MIN
Download (11.1 MB)
PSALMS 4 'n Aandlied. 1VIR die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid. 2As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! 3 o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela. 4Weet tog dat die Here vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die Here hoor as ek Hom aanroep. 5 Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. 6 Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die Here. 7Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o Here! 8Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is. 9Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o Here, alleen laat my in veiligheid woon.
AF  SOUTH AFRICA