Rosestad Godsdiens

23 Jun Sondagaand Erediens - Prof Pieter Verster

26 MIN
Download (12.5 MB)
JOHANNES 10 11“Ek is die goeie herder. Die goeie herder lê sy lewe af vir die skape. 12'n Huurling is geen herder nie, en dit is nie sy eie skape nie. As hy 'n wolf sien kom, los hy die skape en hardloop weg, en die wolf vang die skape en jaag die trop uitmekaar. 13Hy is 'n huurling en bekommer hom nie oor die skape nie. 14“Ek is die goeie herder. Ek ken my skape, en my skape ken My, 15net soos die Vader My ken en Ek die Vader ken; en Ek lê my lewe af vir die skape. 16Ek het nog ander skape, wat nie van hierdie kraal is nie. Ek moet hulle ook lei. Hulle sal na my stem luister, en hulle sal een kudde wees met een herder. 17“Die Vader het My lief omdat Ek my lewe aflê om dit weer op te neem.
AF  SOUTH AFRICA