Rosestad Godsdiens

9 Jun Sondagaand Erediens - Ds Bergh Muller

26 MIN
Download (12.3 MB)
1 JOHANNES 1 8As ons beweer dat ons nie sonde het nie, bedrieg ons onsself en is die waarheid nie in ons nie. 1 JOHANNES 2 Ons het Jesus as ons voorspraak by die Vader 1Dit skrywe ek aan julle, my liewe kinders, dat julle nie moet sondig nie. En as een van ons sondig – ons het Jesus Christus, die regverdige, as ons voorspraak by die Vader. 2Hy is die versoening vir ons sondes; en nie net vir óns sondes nie, maar ook vir dié van die hele wêreld. 3As ons die gebooie van God gehoorsaam, weet ons daaraan dat ons Hom ken. 4Iemand wat sê: “Ek ken Hom,” maar nie sy gebooie gehoorsaam nie, is 'n leuenaar, en die waarheid is nie in hom nie. 5Wie sy woord egter gehoorsaam – in hom het die liefde van God werklik sy doel volkome bereik. Hieraan weet ons dat ons in Hom is. 6Wie beweer dat hy in Hom bly, behoort self ook te lewe soos Jesus gelewe het.
AF  SOUTH AFRICA