Rosestad Godsdiens

20 May Maandag Oggenddiens - Ds Ben Bornman

14 MIN
Download (6.9 MB)
PSALMS 145 Ek wil getuig van u magtige dade 1'n Loflied van Dawid. Ek wil u lof verkondig, my God en Koning, ek wil u Naam altyd loof. 2Elke dag wil ek U loof, ek wil u Naam altyd prys. 3Die Here is groot, alle lof kom Hom toe, sy grootheid is ondeurgrondelik. 4Geslag na geslag prys wat U doen en vertel van u magtige dade, 5van die luister, die heerlikheid van u majesteit. Ek wil getuig van u magtige dade, 6sodat die mense oor u wonderdade sal praat. Ek wil van u grootheid vertel. 7Sonder ophou moet hulle u groot goedheid verkondig en oor u reddingsdade jubel. 8Genadig en barmhartig is die Here, lankmoedig en vol liefde. 9Die Here is vir almal goed en barmhartig oor alles wat Hy geskep het.
AF  SOUTH AFRICA