Rosestad Godsdiens

18 Apr Donderdag Oggendddiens - Ds Kobus Botha

15 MIN
Download (7.3 MB)
LUKAS 23 Jesus voor Pilatus (Matt. 27:1-2,11-14; Mark. 15:1-5; Joh. 18:28-38) 1Daarna het die hele vergadering opgestaan en Jesus na Pilatus toe gebring. 2Daar het hulle die aanklag teen Hom begin deur te sê: “Ons het bevind dat hierdie man ons volk ophits: hy belet hulle om aan die keiser belasting te betaal en beweer dat hy die Christus, die koning, is.” 3Pilatus vra Hom toe: “Is jy die koning van die Jode?” Hy antwoord hom: “Dit is soos u sê.” 4Daarop sê Pilatus vir die priesterhoofde en die skare: “Ek vind geen skuld in hierdie man nie.” 5Maar hulle het sterker aangedring en gesê: “Die hele Joodse land deur stook hy die volk op met sy leer. Hy het van Galilea af begin en tot hier daarmee gekom.”
AF  SOUTH AFRICA