Rosestad Godsdiens

16 Apr Dinsdag Oggenddiens - Ds Kobus Botha

17 MIN
Download (8.3 MB)
JOHANNES 12 Jesus word in Betanië met nardusolie gesalf (Matt. 26:6-13; Mark. 14:3-9) 1Ses dae voor die paasfees het Jesus na Betanië toe gekom, waar Lasarus wat Hy uit die dood opgewek het, gewoon het. 2Daar het hulle vir Jesus 'n ete gegee. Marta het bedien, en Lasarus was een van dié wat saam met Hom aan tafel was. 3Toe het Maria 'n halfliter egte, baie duur nardusolie gebring en dit op Jesus se voete uitgegiet en sy voete met haar hare afgedroog. Die hele huis is deurtrek met die geur van die reukolie. 4Judas Iskariot, een van sy dissipels, die een wat Hom sou verraai, sê toe: 5“Waarom is hierdie reukolie nie vir drie honderd silwermuntstukke verkoop en die geld vir die armes gegee nie?”
AF  SOUTH AFRICA