Rosestad Godsdiens

22 Jan Maandag Oggenddiens - Past Marius Jacobs

16 MIN
Download (7.5 MB)
LUKAS 19 Jesus en Saggeus 1Jesus het in Jerigo gekom en was op pad deur die stad. 2Daar was 'n man met die naam Saggeus, die hooftollenaar, 'n ryk man. 3Hy het geprobeer om Jesus te sien, maar weens die skare kon hy nie, omdat hy te kort was. 4Hy hardloop toe vooruit en klim in 'n wildevyeboom om Jesus te kan sien, want Hy sou daar verbygaan. 5Toe Jesus by die plek kom, kyk Hy op en sê vir hom: “Saggeus, kom gou af, want Ek moet vandag in jou huis tuis gaan.” 6Hy het toe gou afgeklim en Jesus met blydskap ontvang.
AF  SOUTH AFRICA