Rosestad Godsdiens

7 Dec Donderdag Oggenddiens- Ds Hannes du Plessis

19 MIN
Download (9.0 MB)
PSALMS 8 Lof aan die Skepper 1Vir die koorleier: met musiek. 'n Psalm van Dawid. 2Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde, hoe glansryk alles wat U in die hemelruim geplaas het! 3Kinders en suigelinge besing die magtige werk wat U tot stand gebring het. So word u teëstanders, die vyande en wraakgieriges, tot swye gebring. 4As ek u hemel aanskou, die werk van u vingers, die maan en die sterre waaraan U 'n plek gegee het, 5wat is die mens dan dat U aan hom dink, die mensekind dat U na hom omsien? 6U het hom net 'n bietjie minder as 'n hemelse wese gemaak en hom met aansien en eer gekroon, 7U laat hom heers oor die werk van u hande, U het alles aan hom onderwerp: 8skape en beeste, alles; selfs die diere in die veld, 9die voëls in die lug, en die visse in die see wat die oseane deurkruis. 10Here, ons Here, hoe wonderbaar is u Naam oor die hele aarde!
AF  SOUTH AFRICA