Rosestad Godsdiens

16 Dec GELOFTEDAG - Saterdagaand Erediens - Ds Dirk Meijer

27 MIN
Download (12.8 MB)
PSALMS 78 Sodat die volgende geslag dit kan weet 1'n Gedig van Asaf. Luister na wat ek jou leer, my volk, luister aandagtig na wat ek sê. 2Ek gaan 'n gedig voordra, ek gaan julle inlei in geheimenisse uit die verre verlede. 3Wat ons gehoor het en wat ons weet, wat ons vaders ons vertel het, 4sal ons vir ons kinders nie verswyg nie. Ons sal aan die volgende geslag vertel van die roemryke dade van die Here en van sy mag, van die wonderdade wat Hy gedoen het. 5Hy het aan Jakob sy voorskrifte gegee, aan Israel sy onderwysing. Hy het ons voorvaders beveel om dit aan hulle kinders bekend te maak, 6sodat die volgende geslag dit kan weet en die kinders wat nog gebore sal word, dit weer aan húlle kinders kan vertel. 7So sal hulle dan op God vertrou en nie vergeet wat Hy gedoen het nie, maar gehoorsaam wees aan wat Hy beveel het 8en nie wees soos die voorvaders nie. Dié was 'n opstandige en ongehoorsame volk, 'n onbestendige geslag wat nie aan God getrou was nie.
AF  SOUTH AFRICA