Rosestad Godsdiens

16 Dec GELOFTEDAG - Saterdagoggend Erediens - Ds Dirk Meijer

23 MIN
Download (11.0 MB)
PSALMS 116 Ek het die Here lief 1Ek het die Here lief, want Hy verhoor my smeekgebede. 2Hy het na my geluister toe ek Hom aangeroep het. 3Bande van die dood het my omsluit, doodsangs het my aangegryp, ek het benoud en bekommerd geword. 4Toe het ek die Naam van die Here aangeroep: “Here, red my tog!” 5Die Here is genadig en regverdig, ons God ontferm Hom oor ons. 6Die Here beskerm die hulpeloses: ek was magteloos, maar Hy het my gered. 7Ek moet nou tot rus kom, die Here het goed aan my gedoen: 8U het my van die dood gered, U het 'n einde gemaak aan my trane, U het gesorg dat ek nie weer struikel nie. 9Ek kon voor die Here bly wandel in die land van die lewendes. 10Ek het in U bly glo, selfs toe ek gedink het dit is klaar met my 11en toe ek in my vertwyfeling besef het: ek kan op geen mens staatmaak nie.
AF  SOUTH AFRICA