Rosestad Godsdiens

24 Dec Sondagaand Erediens - Dr Belinda vd Vlies

25 MIN
Download (12.1 MB)
LUKAS 2 Simeon en Anna by die tempel 25Daar het destyds 'n man met die naam Simeon in Jerusalem gewoon. Hy was getrou aan die wet en vroom, en het uitgesien na die koms van die Verlosser van Israel. Die Heilige Gees was op Simeon 26en het aan hom bekend gemaak dat hy nie sou sterwe voordat hy die Gesalfde van die Here gesien het nie. 27Deur die Gees gelei, het hy opgegaan na die tempel toe. Toe die ouers die Kindjie Jesus bring om vir Hom die gebruiklike bepaling van die wet na te kom, 28het Simeon Hom in sy arms geneem en God geprys en gesê: 29“Here, laat u dienaar nou in vrede gaan volgens u woord, 30omdat my oë u verlossing gesien het 31wat U gereed gemaak het voor die oë van al die volke: 32'n lig tot verligting van die nasies en tot eer van u volk Israel.”
AF  SOUTH AFRICA