Rosestad Godsdiens

25 Dec KERSFEES - Maandagoggend Erediens - Ds Bergh Muller

35 MIN
Download (16.6 MB)
JEREMIA 10 Die Here is nie soos die afgode nie 1Luister wat die Here vir julle sê, Israeliete! 2So sê die Here: Moenie die gewoontes van die heidennasies aanleer nie. Moenie bang wees vir die tekens aan die hemel nie, want dit is die heidennasies wat daarvoor bang is. 3Hulle voorskrif om 'n god te kry, is sinloos: hulle kap 'n boom in die bos af, 'n ambagsman kerf dit uit met 'n beitel, 4hy versier dit met silwer en goud, met hamer en spyker slaan hy dit vas dat dit nie omkantel nie. 5Sulke gode kan net so min praat as 'n voëlverskrikker in 'n komkommerland; hulle moet gedra word, want hulle kan nie loop nie. Moenie vir hulle bang wees nie, want hulle het geen mag om goed of kwaad te doen nie. 6Waar is iemand soos U, Here? U is groot, die mag van u Naam is groot. 7Wie sou U nie dien nie, Koning van die nasies? Dit kom U toe. Onder al die wyse mense, onder al die konings van die nasies, is daar niemand soos U nie. 8Hulle is almal gekke en dwase, want 'n stuk hout kan vir 'n mens niks leer nie. 9Die silwerbeslag kom uit Tarsis, die goud uit Ufas. Dit is die werk van 'n ambagsman en 'n goudsmid, die afgode is geklee in pers en rooi wolstof, alles die werk van kunstenaars. 10Maar die Here is die ware God: Hy is die lewende God, die Koning vir altyd; van sy toorn bewe die aarde, teen sy woede kan die nasies dit nie uithou nie. 11So moet julle vir hulle sê: “Die gode wat nie die hemel en die aarde gemaak het nie, sal van die aarde af verdwyn onder die hemel uit.” 14Dan sien elke mens hoe dom, hoe sonder kennis, hy is; dan staan elke goudsmid verleë met sy afgodsbeeld, want sy beeld is bedrog, daar is geen lewe in nie. 15Hulle is nikswerd gode, voorwerpe van spot, hulle vergaan as die tyd van afrekening kom.
AF  SOUTH AFRICA