Rosestad Godsdiens

2 Jan Dinsdag Oggenddiens - Dr Enrico Casaleggio

20 MIN
Download (9.7 MB)
DEUTERONOMIUM 32 9Hulle is die Here se volk, sy deel, Jakob is die Here se vaste eiendom. 10Hy het sy volk in die woestyn gevind, in 'n onbewoonbare land waar woestyndiere skreeu. Die Here het sy volk omhels, hom vertroetel en versorg soos die appel van sy oog. 11Soos 'n arend wat sy kleintjies uit die nes uitskop, oor hulle fladder en hulle vang op sy vlerke wat hy oopsprei, soos 'n arend wat sy kuikens op sy vlerke dra, 12so het die Here, net Hy alleen, sy volk gelei; daar was nie 'n ander god by Hom nie. 13Die Here het sy volk die land in besit laat neem, en hom laat eet van die opbrengs van die lande, hom heuning uit klipskeure laat geniet, olie uit harde klip, 14botter uit die beestrop, melk van die kleinvee, vet lammers, skaapramme en bokramme uit Basan, die beste koring; die wyn wat jy drink, kom uit die beste druiwe.
AF  SOUTH AFRICA