17 Dec Sondagaand Erediens - Ds Dirk Meijer
29 MIN
Download (13.6 MB)
1 TIMOTEUS 4
Die afvalligheid in latere tye
1Die Gees sê uitdruklik dat in die eindtyd sommige afvallig sal word van die geloof. Hulle sal misleidende geeste navolg en die leerstellings van bose geeste aanhang. 2Hierdie dwaalleraars is skynheilige leuenaars wie se gewete toegeskroei is. 3Hulle verbied mense om te trou en om bepaalde soorte kos te eet. Maar God het die voedsel gemaak, sodat dié wat glo en tot die kennis van die waarheid gekom het, dit met danksegging kan gebruik. 4Alles wat God gemaak het, is immers goed. Niks wat met danksegging ontvang word, is verwerplik nie, 5want dit word deur die woord van God en deur die gebed geheilig.
1 TIMOTEUS 3
15Ingeval my koms vertraag word, sal jy dus weet hoe iemand hom moet gedra in die huisgesin van God, dit is die gemeente van die lewende God. Die gemeente is die draer en beskermer van die waarheid.
AF
SOUTH AFRICA