Rosestad Godsdiens

19 Oct Donderdag Oggenddiens - Ds Wimpie Raadt

15 MIN
Download (7.2 MB)
EKSODUS 15 Die Here is oorwinnaar in die stryd 1Toe het Moses en die Israeliete die volgende lied tot eer van die Here gesing: “Ek wil tot eer van die Here sing omdat Hy hoog verhewe is. Perd en strydwa het Hy in die see geslinger. 2Die Here is my krag en my beskerming. Hy het tot my redding gekom. Hy is my God, Hom roem ek, die God van my voorvaders, Hom prys ek. 3Die Here is oorwinnaar in die stryd, sy Naam is ‘die Here’! 4Die strydwaens van die farao en ook sy leër het Hy in die see geslinger. Die keur van Egipte se offisiere is in die Rietsee gedompel. 5Watermassas het hulle oordek, soos 'n klip het hulle in die dieptes afgesak.
AF  SOUTH AFRICA